

Die Boeke van die Bybel
In Genesis is die wêreld deur God, die Skepper, gemaak
En in Exodus het Sy volk van slawerny vrygeraak
Levitikus bevat die wet en wat dit vir die lewe sê
Terwyl Numeri baie klem op geslagsregisters lê.
In Deutonomium hoor ons van God se kragtige hand
En in Josua van Israel in die beloofde land.
Rigters vertel van Simson, kragteloos en blind
Terwyl Rut as vrou by God ‘n welgevalle vind.
In die boeke van Samuel lees ons van manne van naam
So ook in Konings as ons dit reg verstaan.
Kronieke vertel hoe Juda in ballingskap gaan
Waarna God deur Esra vir hul die pad na vryheid baan.
Jerusalem se mure word in Nehemia herbou
Terwyl bose planne in die boek Ester ontvou.
Job leer ons hoe gelowiges beproewing moet hanteer
En Psalms hoe ons God met woord en daad moet vereer
Spreuke is vir gelowiges soos ‘n kosbare pêrelstring
Terwyl Prediker raad gee hoe om die lewe reg deur te bring
Hooglied vertel van die liefde, rein en geslaagd
En Jesaja van die komende Jesus gebore uit ‘n maagd
Jeremia is by uitstek die waarskuwende profeet
Terwyl Klaagliedere vertel van mense wat niks daarvan wou weet
Esegiël word deur God met hemelse gesigte besoek
So ook Daniël teen die einde van die boek
Hosea vertel van onreg, oordeel en skade
Terwyl Joël gewag maak van God se ewige genade
Amos word tussen sy skape tot profeet geroep
En Obadja neem Edom sterk onder die loep
Jona vertoon ‘n Christus wat na drie dae op sou staan
Terwyl Miga profeteer dat Juda nooit onder sou gaan.
Nahum verklaar dat Nineve in die oordeel nie staande sou bly
En Habbakuk dat die Chaldese ryk spoedig einde sou kry
Sefanja waarsku die Jode om hul te bekeer en ‘n voorbeeld te stel
Terwyl Haggai profeteer van ‘n tempel in ere herstel
Sagaria profeteer van Christus se komende heersersbesluit
Waarna Maleagi die Ou Testament met 55 verse afsluit
Die vier Evangelies - Mattheus, Markus, Lukas en Johannes
aangrypend en gepas
Vertel ons hoe Jesus se lewe op aarde was
Handelinge vertel ons van die werk van die Heilge Gees in die kerk
Terwyl Romeine getuig dat God Sy kinders versterk
In Korinthiërs praat die apostel hard en getrou
Terwyl Galasiërs sê dat God sy kinders onderhou
Efesiërs en Filippense sê waarin gelowiges hul nooit moet begeef
En Kolossense om altyd met die oog op die naderende ewigheid te leef.
Thessalonicense vertel dat Jesus eendag weer gaan kom
Terwyl Timotheus en Titus die Christelike weg treffend opsom
Filemon vertel van gelowiges se liefde so groot
En Hebreërs van geloofshelde enig in hul soort
Jakobus sê geloof sonder werke is dood en sonder handel
En Petrus watter weg gelowiges moet bewandel.
In sy sendbriewe sê Johannes dat ons broederliefde moet bedryf
Terwyl Judas ‘n komende oordeel beskryf
Openbaring vertel ons breedvoerig van hierdie wonderlike dag
Waarop ek en jy elke dag moet wag!