

Beit Bracha Rehabilitasie Sentrum
Hierdie goed toegeruste fasiliteit is geskep om die Breërivier gemeenskap te
bedien met advies en gehalte, bekostigbare rehabilitasie
na neurologiese of ortopediese terugslae.

Win HUGE cash prizes with the
Shades of Love
National Colouring Competition
WELKOM BY BEIT BRACHA REHABILITASIESENTRUM
Beit Bracha Rehabilitasiesentrum is 'n goed toegeruste fasiliteit wat ontwikkel is om die Breederivier-gemeenskap plaaslik te bedien met advies en hoë gehalte, bekostigbare rehabilitasie na neurologiese of ortopediese terugslae.
Beit Bracha Rehabilitasiesentrum wil hierdie proses vir die pasiënt en sy familie vergemaklik. Met eerstehandse kennis van rehabilitasie kan ons die meeste van die pasiënt en familie se vrae beantwoord en hulle help skakel met die regte partye.
Wanneer so 'n pasiënt die mediese praktisyn of enige ander persoon se pad kruis, kan hulle die pasiënt na ons verwys sodat ons hulle van raad kan bedien en ook ondersteuning kan gee in die mate wat ons op daardie tydstip kan doen.
Die toestande wat ons hier behandel, kan insluit:
Neurologiese toestande: Beroertes, hoofbeserings, Veelvuldige sklerose, spinale verlammings toestande, Parkinsonisme ens.
Ortopediese toestande: Heup-, knie- en skouervervangings. Ernstige veelvuldige beserings.
Sportbeserings.
Chroniese pyn toestande: Fibromialgie, chroniese uitputting sindroom, rugpyn, hoofpyn.
Rumatologiese siektes, bv RA.
Werksrehabilitasie na beserings.
Kinders: Spastiese verlamming, lae spiertonus, aandag afleibaarheid e.a.
Seniors: Val voorkoming, demensie.
Alle spraak en sluk probleme.
Kognitiewe en gedragsprobleme.
Contact Details
(T): 023 342 3138
(F): 086 266 0489
Practice nr 721 5312
16 Fairbairn Street
Worcester
6850
Maandag tot Donderdag: 7h30 tot 17h00
Vrydag: 7h30 tot 13h00
![]() Rainbow over Beit Bracha | ![]() Beit Bracha | ![]() Letter to Rainbow Gospel Radio |
---|---|---|
![]() Shades of LoveWin your share of R31 400-00 |