Attie Rall

Deur my lewe was die HERE nog altyd net goed vir my!

 

Ek het teologie studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, maar gebruik selde die titel van Dominee.  Almal ken my net as Attie. 

 

Op 5 Julie 1986 het die mooiste prinses in die hele wereld, Bettie, my vrou geword. Ons het 5 kinders: Handre, Dreyer, Irenee,  Sian &  Izelmarie. My gesin is my rykdom en trots!

 

Ons woon in Kuilsrivier in die mooiste Kaap. 

 

Kaalvoet Bediening is in 2000 gestig en fokus op kinders (graad 4 – 6); jongmense & naskoolse jeug asook gesinne.

 

Gemeentes van regoor Suid-Afrika en selfs Namibia en Australie nooi my om daar te preek en ook kursusse aan te bied en ook kampe aan te bied.

 

Die kursusse wat ons tans aanbied is die Padlangs Ouerskap kursus en Alpha evangelisasie kursus.

 

Ek bied onder andere die vge kampe jaarliks aan:

 

Twee h/skool kampe;

Graad 7 Skoolverwisselingskamp;

Een van die leraars wat help met Matriekkamp (Skooverlaterskamp)

Graad 4-6 kamp

Uitreik na Stywe Lyne Desember vakansies

 

Ek doen heelwat troues en dope en pinkster geleenthede.

 

Dit is vir my heerlik om my passie vir die HERE te kombineer met my passie vir radio en die uitsaaiwese. 

My programme op Rainbow Gospel Radio

Maandag tot Donderdag 23:00 SA Tyd

Vrydag & Saterdag 23:00  SA Tyd

Uit my album ....

Vrydag 12:00 - 15:00  SA Tyd

Rall Gesin

Rall Gesin

Barefoot Ministries

Barefoot Ministries

Graad 7 Kamp

Graad 7 Kamp

Loof die HERE

Loof die HERE

Attie Rall

Attie Rall

Dawie & Bronwyn Troue

Dawie & Bronwyn Troue

Blessings in Abundance

Blessings in Abundance

Attie Rall

Attie Rall

Attie Rall

Attie Rall

Attie die Omroeper

Attie die Omroeper

Attie Rall

Attie Rall

Kamptyd!

Kamptyd!

Kamppret

Kamppret

Kamp

Kamp

Hope pret!

Hope pret!

Attie Rall