Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Rina Meintjes 

Ek woon in Garsfontein Pretoria. Die pragtige Jakarandastad.


Emmarentia Isabella Meintjes (Rina) Gebore 15 OKtober 1951 in Johannesburg.
My Mamma is baie vroeg oorlede Sy was maar n skrale 49jaar oud. My Pa is oorlede in 1986.
Ek het die man van my drome Karel Willem Meintjes (Kallie) ontmoet  Junie 1972 en ons het Sept verloof geraak en die 11de November 1972 is ons getroud.....
Nee ons het nie oor die tou getrap nie hiehie dit was letterlik   "Love at first sight".
 
Ons seun Jaques Martin is wel gebore (Honeymoonbabatjie) die 18de Augustus 1973. Hulle het vir n wyle geimmigreer  na Australia maar hy het te veel na sy Mamma verlang en sy vroutjie Yolanda het te veel na haar Pappa verlang en toe....... toe kom hulle huistoe. Seuns Daylin het Maart 16 jaar geword  en Keanan was 13jaar oud in Mei. Oumie en Oupie se trots.


Ons dogter Adele en haar man Rudi Snyman woon in Brisbane Australia vir 6 jaar  en haar hartjie was gebreek toe haar boetie teruggaan Suid-Afrika toe. Hulle het 2 Pragtige woelwaters. Ruben is November 12joud en sy sussie Shaney sal Feb 11joud wees. Ons verlang verskriklik na hulle.
 
Ek was al die jare in die bank wese. 'n Baie positiewe "outgoing" persoonlikheid met n ongelooflike sin vir humor.

My program op Rainbow Gospel Radio

Maandag  08:00 SA Tyd

Uit my album ....