Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Petro Kleingeld

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Petro Kleingeld is op 6 September 1970 gebore in Vereeniging.

Sy het grootgeword in Krugersdorp en Witbank en is daarna Pretoria toe.

 

Sy het 'n BA-graad verwerf aan die Universiteit van Pretoria, waarna sy 'n HOD gekry het.

Na twee jaar in Zeerust is sy in 1994 getroud met Disie Kleingeld.

 

Hulle het eers in Pretoria gebly, waarna hulle na Bloemfontein verhuis het en daarna na Engeland.

Na 14 maande in die buiteland is hulle terug na Bloemfontein.

In 1999 het hulle verhuis na Trompsburg waar hulle steeds woon.

 

Petro is 'n onderwyseres, maar is ook betrokke by jeugwerk, jeugkampe en barmhartigheidswerk.

Sy glo in die praktiese uitleef van haar geloof.

Sy het daarom ook haar Honeurs in Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf.

 

Sy en Disie het drie kinders, Hennis (16), Anél (14) en Emmaren (8).

Emmaren is gediagnoseer met outisme en ADHD en hou dus die hele gesin jonk en aan die gang.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Petro Kleingeld bied aan:

BACK TO BASICS