Mariaan Erasmus

My naam is Mariaan Erasmus van Vanderbijlpark, Gauteng, Suid-Afrika.

 

My lewensfilosofie is Reik na Oorwinning.

 

Ek is erg gehoorgestremd en wil graag my verhaal daaromtrent met julle deel. Die skool het in my graad 5 jaar deur toetse agtergekom dat ek nie goed hoor nie. In graad nege was dit nodig om gehoorapparate te kry.

 

Dit was 'n geweldige aanpassing en die gespot het natuurlik nie agterwee gebly nie. Ek kon egter nog steeds baie goed hoor en het my skoolloopbaan in 'n hoofstroom skool voltooi. Ek het gaan werk waar ek met mense moes werk, telefoon hoor, funksies bywoon, ens.  Ek kon steeds byhou.

 

Ek het kanker gekry en hoewel ek gerus gestel is dat my gehoor weer sal verbeter na die chemo- en bestralings behandeling, het dit verswak en verswak dit steeds. My oorwinning lê daarin dat  ek aanvaar wat ek nie kan verander nie, en uitdagings sonder vrees aan te pak.

My program op Rainbow Gospel Radio

Donderdag 14:00 SA Tyd

Uit my album ....