Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Lily van Schalkwyk

Sal julle my glo as ek julle vertel dat ek nog nooit in my lewe ’n biografie oor myself geskryf het nie! Dit is eintlik heel lagwekkend!

 

Ek is gebore in Duiwelskloof, digby Tzaneen in die toé Noord-Oos Transvaal.  Hoe daardie streek nou heet weet ek nie – sal seker Gauteng wees!

 

My Pappa was ’n Polisieman, gebore in Carnarvon. Sy Pa had 3 plase daar en die meeste van my familie (nefies en niggies) woon nog daar. Gedurende die depressiejare in 1933 moes Oupa een plaas verkoop om sy gesin te voed.  Oupa en Ouma had 5 seuns. Hulle is almal oorlede maar ek herinner nog my 2 Ooms se plase toe ons as kinders daar gaan kuier het. 

Toe Pappa Polisieman word, het hulle hom na  Duiwelskloof verplaas waar hy my Moeder leer ken het. Daar is hulle getroud en is ek gebore. Intussen, net voor my geboorte, was Pa Johannesburg toe verplaas waar die res van ons kinders gebore was. Hy moes Johannesburg toe gaan omdat hy ’n berede Polisieman was wat sy diens vele maal in die veld op die rug van ’n perd moes deurbring. Hy was verkies as een van ‘n hoeveelheid Polisiemans wat die toé-regerende Koning George V wat op besoek na SA gekom het te gaan salueer ens.

 

Pa was Christelik grootgebring en  as klein kindertjies moes ons almal Sondgskool toe gaan om, toe ons 16 was, aangeneem te word in die Kerk. 

 

As kinders en jongmense het mens nie veel aandag geskenk aan Jesus of God nie! Ek het egter op 12-jarige leeftyd God werklik leer ken toe my jongste boet gebore was en op 6-maande ouderdom, ons Moeder ’n senuinfark asook geelsug gekry het en heeltemaal van haar verstand geraak het. Sy het nie geweet wie sy was nie; my Pappa van geen kant herken het en ook nie geweet het dat sy kinders het nie.  Die dokters het aan Pa gesê dat hulle geen hoop op genesing vir Ma het nie en dat alleen ’n mirakel haar kon help. Sy was vir 4 lange maande in die hospitaal. Ek moes vir een week van skool bly terwyl Pa gaan werk het en andersom.  Op ’n aand kom Pa tuis, ons ander kinders het geslaap en ek het aan Pa gevra hoe dit met ons Moeder was waarop hy geantwoord het ‘Heel sleg Lil, sy het vandag geprobeer om van die vierde verdieping van die hospitaal te spring, naak, en selfmoord probeer pleeg!’ Hy begin toe huil en ek plaas my arms om sy bene en huil saam met Pa en daar het Pa toe begin bid en ek saam met hom en God gevra om ons Moeder na ons terug te stuur omdat ons haar so nodig het. Minder dan 14 dae later was ons Moeder tuis en gesond.

Iets het my Pappa egter baie pyn gedoen en dit is dat nie een van ons Kerklede, nog die Predikant, een keer na ons gekom het om te sien hoe dit met ons kinders gaan nie. Hy was Koster in die Kerk maar hy was so teleurgestel dat hy nooit meer kerktoe gegaan het nie maar wel sy kinders gestuur het.

 

Daarom liewe mense, maak nooit iemand seer nie want mens weet nie watse hartseer of wat in ‘n ander mens se lewe omgaan nie! ’n Ander het net soveel node as ons en ons moet mekaar respekteer en help en bystaan.

 

Ek dank God uit die grond van my hart dat hierdie nie die enigste wonderwerk in my lewe was nie en dat ek nou die geluk het om Hom en Jesus te kan dank vir die wonderbaarlike Vader wat hy altyd vir ons was en is tot vandag toe en vir altyd!  Dankuwel my liefste Vader!

 

My programme op Rainbow Gospel Radio

Maandag 16:00 SA tyd

Donderdag 12:00 SA tyd

'n Kykie in my lewe in Belgie .....