Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Kelvin Botha

My naam is Kelvin Botha, gebore op 16 April 1974 in Uitenhage Oos Kaap Suid Afrika.  Ek is die oudste van 4 broers.  Was baie bevoorreg om om in streng Christelike huis groot te word.  My ouers, Theo en Valerie Botha, het ons groot gemaak om die Here te dien en om ons vertroue en geloof op Hom te plaas.  Soos ek my tiener jare betree het, het rebellie in my hart posgevat.  My lewe het begin wegdwaal van God af.  Danksy die strengheid van my ouers en die fondasie wat hulle geplaas het in my kinderjare het ek stadig maar seker weer begin terugkeer net soos die verhaal van die verlore seun. Ons was altyd en sal altyd 'n hegte gesin wees.  

 

Kerkleiers van daai jare het potensiaal in my gesien en my vertrou om betrokke te raak in die gemeente om programme uit te lei.  Ek kan nog duidelik onthou hoe senuweeagtig ek was toe ek die eerste keer voor mense moes staan en hulle leer.  'n Baie wyse kerkleier het toe vir my gevra in die konsisstorie hoe ek voel.  Ek het toe vir hom gese baie bang en senuweeagtig ...... my bene bewe oom.  Sy antwoord aan my sal ek nooit vergeet nie.  Hy het gese dat hy bly is dat ek so voel en dat ek elke keer so moet voel as ek vir die Here iets moet doen - want daarna kan ek dan met 'n oop gemoed se dat waarlik Hy wat die Here is het my gelei.

 

Ek het aan God geglo, maar my vertroue in Hom was nie so sterk soos wat dit moes wees nie.  In 2015 het ek 'n geestelike naweek mannekamp bygewoon in die Oos Kaap en het die diepste geestelike ervaring gehad wat ek nog ooit in my lewe beleef het.  By daardie kamp het ek op die Saterdag aand by die voet van 'n massiewe kruis my lewe oorgegee aan God en het aan Hom 'n belofte gemaak.  Die Here is goed en Hy is getrou!!!  

 

My agtergrond is verkope en bemarking.  Die talent wat God aan my gegee het is spraak.  Dit het my so lank geneem om dit uit te vind, maar ek wei my talent aan Hom toe wat dit vir my gegee het.  Met die gebruik van my talent is ek gedurig soekend om myself te verbeter en om nog meer talente te bekom.  Ek vertrou dat u dieselfde voel daaroor, want ons wil vir die Here wys wanneer Hy ons kom haal met sy wederkoms dat ons nie ons een talent begrawe het nie, maar dat ons gewoeker het daarmee en dit vermeerder het.

 

Mag God u ryklik seen.

Jesus liefde

My program op Rainbow Gospel Radio

Maandag 19:00 SA Tyd