Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Dr. Hennie Lottering

Ek het gedurende September 1960 my opwagting gemaak as die derde oudste kind van wyle Frans Lottering en Johanna Lottering. So bietjie van my eerste lewensjare in die Laingsburg omgewing deur gebring en het ek my grootword jare in Kimberley deurgebring waar ek skoolopleiding voltooi en daarna as lid van die destydse Gevangenisdiens begin werk.

 

As jy vir my vra wanneer ek tot bekering gekom het moet ek vir jou se ek weet nie. Ek het altyd geweet ek het n spesiale verhouding met die Here en dat die Here n doel het met my lewe maar het as gevolg van voor-opgestelde idees van mense en invloed wat hul op my lewe gehad het altyd gehoor ek is te dom om as predikant te leer en het in elk geval aan die verkeerde kant van die spoor groot geword. 

 

Ek het my loopbaan in 1982 in Pretoria voortgesit waar ek by die Acapella koor betrokke geraak en die musiekwereld betree het.Ek was vanaf Junie 1985 tot en met Seotember 1996 Eerste Sekretaris vir Haar Deurlugtige Hoogheid Prinses Sophia Mansrev van Moldovia.

 

 Ek het nog altyd daarvan gehou om te sing en het gereeld tydens kerkdienste en ander funksies opgetree.Ek het al die voorreg gehad om op wereldverhoe te staan en om mense te vermaak en was ook bevoorreg om SA gedurdende 1993 in onder andere in Wene / Hongarye/ Duitsland / die Benelux lande te kon verteenwoordig. 

 

 In 1993 word ek na my terugkeer uit die Buiteland verplaas na die Oosrand van Johannesburg en kon ek net nie meer aanhou vlug en nie meer ontken dat ek geroepe is tot die bediening nie. Ek het my opleiding in 2002 begin kon as gevolg van finansies en amptelike verpligtinge eers in 2008 my finale studiejare voltooi. Ek is sedert 2005 in die bediening en beklee tans n pos as kapelaan in die SA Nasionale Weermag se Reserwemag eenheid.  

 

Ek is tans in die gelukkige posisie dat ek nie getroud is nie en dus ter enige tyd my tas kan pak en aanmeld vir die geestelike versorging van soldate. Ek is huidig die vierde geslag Lotterings wat militer daartoe verbind is om my Land en my Volk te verdedig en doen jaarliks vir n tydperk van ses maande grensdiens op ons land se grense of waar die SANW ons ook nodig het. My volgende dienspunt sal dalk iewers in Afrika wees of dalk aan die Suidpool. Ek is ook deeltydse lektor in Teologie en Berading aan die Vision Bible College Australia (SA Kantoor) Ek het ook twee akademiese ere Doktorsgrade ontvang van n Oos Europese Universiteit vir my bydrae en ontwikkeling van die Universiteit na die val van kommunisme. 

 

My lewe as mens het egter n dramatiese wending in 2009 geneem waar ek vir 110 begrafnisse in minder as sewe maande verantwoordelik was. As gevolg daarvan het ek as Traumaberader bedank en my lewe meer op ander dinge begin fokus. 

 

Ek het gedurende 2015 by Radio betrokke geraak en is sedert 15 November 2016 deel van n nuwe familie. Ek is die samesteller en aanbieder van Om die tafel - wat n gespreksprogram is wat elke Woensdag vanaf 17h00 tot 19h00 SA tyd aangebied sal word. Ek sal ook verantwoordelik wees vir die musiekprogram Op my draaitafel wat elke Saterdagaand vanaf 21h15 tot 22h00 SA tyd aangebied sal word. 

 

Ek is bevoorreg dat ek deur Sy genade alle mylpale wat ek vir myself in my lewe gestel het suksesvol bereik het. 

My program op Rainbow Gospel Radio

Saterdag 21:15 SA Tyd

Uit my album ....