Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Hendriëtta Gallimore

Ek is gebore en getoë in Springbok, Namakwaland.

 

Omtrent 26 jaar gelede het ek Gauteng toe verhuis en besluit om Centurion my woonplek te maak.

 

8 jaar gelede my wonderlike Engelsman, Paul Gallimore, ontmoet. Ons kinders het reeds almal die nes verlaat en is elkeen suksesvol in hulle eie hoedanigheid.

 

My slagspreuk is "PRAY. It causes miracles."

 

Om te bid, is lekker! Gebed is 'n sleutel om wonderwerke te ontsluit. Gebed is die manier waarop ons met Vader gesels en waarop ons Hom loof en prys en waarmee ons eer bring aan ons Skepper.

 

Die Bybel leer ons in 1 Tessalonisense 5:17  'Julle moenie ophou bid nie.'

 

Jesus het altyd die gesindheid van gebed gehad.

 

Hy het gebid wanneer: 

  • Hy alleen was - Matteus 14:23,

  • Wanneer Hy in die publiek was - Johannes 11:43

  • Voor maaltye - Matteus 26:26

  • Voordat Hy belangrike besluite moes neem - Lukas 6:12-13 

  • Voordat iemand genees is - Markus 7:34-35)

  • Nadat iemand genees is - Lukas 5:16

  • Om Sy Vader se wil te doen - Mattheus 26:36-44

 

Kom ons verening dus uit gehoorsaamheid in gebed.

 

Hendriëtta


 


 

 

Hendriëtta se  program op Rainbow Gospel Radio

Woensdag 08:00 SA Tyd

Uit my album ....