Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Pastoor Ansie Visser

 

My naam is Ansie Visser (Lingenfelder). Ek is die jongste van 4 kinders, (3 susters - broer reeds oorlede ) gebore as “laatlammetjie” in 1959 in Pretoria. My ouers, Dawid en Tokkie Malherbe is reeds beide oorlede. Ek het grootgeword op n plaas buite Pta,  is n natuurliefhebber en het gematrikuleer aan Langenhoven Hoërskool in Pta. My ma was op haar dag n kranige musiek onderwyseres en my pa het sy eie boere orkes gehad vir menige jare. Hy het ook onderwys gestudeer en was lektor op sy dag aan die technikon in Pta.

 

Soms loop mens draaie, leef 'n lewe en eers later in jou wandel herontdek  jy dieper gawes en passies. My man en skoolliefde Gerrie is oorlede in 2004 na n kort siekbed agv n operasie wat skeefgeloop het. Daar is 2 kinders uit ons huwelik gebore, Pirow (seun) en Anrie (dogter). Ek was weduwee tot en met 29 April 2017 en is toe getroud met die maat waarvoor ek die Here vertrou het by naam Hennie Lingenfelder.  (2 kinders , dogter Cecielle en  seun  Henco is uit sy huwelik  gebore en sy vrou is oorlede in 2010). Saam het ons dus 4 kinders en is geseën met 7 kleinkinders . Ons woon tans in Kemptonpark.

 

Ek het in 2009 begin studeer aan Bybelkollege en het die 4 jaar diploma studie voltooi aan die einde van 2011 en het na my studies vir 'n aantal jare as deeltydse & vrywillige  dosent klas by dieselfde kollege ingestaan. Ek is tans besig met graad studie in profesië .  Ek was in 2013 bevoorreg gewees om saam met 'n uitreikspan Malawi te kon besoek vir  2 weke en dit was 'n lewenservaring wat my altyd sal by bly . My visie is nie om net n “gemeente in 'n kerkgebou” te begin nie maar eerder wyer bedieningsvelde/geleenthede te ontgin in daaglikse lewenswandel. Mens word “gekroon” en gedra in gees familie en samesyn .

 

Die profetiese rigting en vloei is 'n passie by my en ek is van mening dat dit 'n gawe is wat in die hedendaagse liggaam in Christus soms agterweë gelaat word of onsekerheid bring en misken word. 

 

Ons is ingeskakel by  “Airport Christian Fellowship” Kempton Park en “Church Arise” in Pretoria.

 

My dieper gees ervarings met God is dikwels in “prentjies” en drome. Ek leef graag my kunstalent/skeppingsgawe uit ook gekombineer met wat deur die Gees in my hart geplaas word. Kreatief besig bly is altyd bo aan my “te doen” lys en ek geniet naaldwerk skilder en is lief vir lekker kosmaak. My gewone beroep is “ korttermyn versekeringsmakelaar” en dit gun my genoegsame tyd om verskeie ander skeppingsgawes en bedieninge te kan uitleef en ek beskou myself as absoluut geroepe en in diens vir Jesus.  Ek skryf Gees ge-inspireerde gedigte en be-oog om  n gedigte boek saam te stel. My man Hennie en ek is ook betrokke by Bybelverspreiding en restoureer ou Bybels vir her –distribusie.  Hy speel graag kitaar en het as jongman in weermagkoor gesing. Hy was verbonde aan SAL in sy loopbaan en is tans afgetree. Saam geniet ons die nuwe seisoen  en stap met verwagting vir wonderwerke elke dag in - 'n voorreg om Sy hande en voete te wees

 

Van my kompas skrifte is Jeremia 29:11 “ For I know the thoughts & plans I have for you says the Lord. Thoughts & plans for welfare & peace  & not for evil: to give you hope in your final outcome !”.

 

So ook Joshua 1:9 “Have I not commanded you to be strong and courageous. Do not be terrified, do not be discouraged, for the Lord God will be with you wherever you go”.

 

Leef jou reis elke dag voluit!

 

My program op Rainbow Gospel Radio

Donderdag 10:00 SA Tyd

Uit my album ....