Email us:

nico@rainbowgr.com 

  • Facebook Social Icon

WEBMASTER:

Adam Cloete

Adam Cloete is die meester navorser vir Rainbow Gospel Radio se kosprogram:

Vir Spys & Drank

Adam en kleinboet Coen op Caliklip

Adam vertel:

 

"DIE UWE EK

As mens oor​ jouself moet praat, begin jy seker maar waar jy gebore is.   Wel, volgens oorlewering, is ek gebore op ‘n baie klein dorpie (64 jaar gelede baie klein en vandag nog steeds baie klein) in die destydse Wes-Transvaal, genaamde Ottoshoop en geleë tussen die hedendaagse Mahikeng en Zeerust.

 

As gevolg van my pa se werk, het ons redelik baie verhuis en het ek my kinderdae op verskeie plekke in die Transvaal, Vrystaat en Karoo deurgebring.  

 

My skoolloopbaan het op die Karoodorp Hopetown tot ‘n einde gekom waar ek Matriek geskryf het.Tot op hierdie stadium in my lewe het ek nie veel met kos te doen gehad nie, behalwe om dit te eet.   Daar was nooit werklik die nodigheid om kos te maak nie, en die grootste rede daarvoor is seker aangesien ek die grootste deel van my skoolloopbaan in koshuise was.  

 

In standerd nege (Graad elf in vandag se taal) het ek die eerste keer werklik met kosmaak te doen gekry na ek aangebied het om die meisies te help jaffels maak en pannekoek bak vir fondsinsameling vir die Matriekafskeid.  Ja, in daardie dae moes ons help om hierdie geleentheid gefinansier te kry.   Ek onthou dat ek dit besonder baie geniet het, en dit was nie net omdat ek heel dag tussen die meisie kon kuier nie.   Ek was ook nogal besonder vaardig in die taak, dit is nou natuurlik die maak van die jaffels en die pannekoek bak.

 

Na skool is ek direk weermag toe vir die verpligte jaar se opleiding van daardie tyd.   Ek het die Lugmag gekies en is weggeskeep na Valhalla by Pretoria waar ek die opleiding begin het.  

 

Die heel eerste ding wat daar gebeur is dat die room van die melk geskei word en dan die melk van die wei.  

 

Dit beteken al die beste sportmanne word eerste gegroepeer, dan die middel groep wat darem ‘n bal kan skop en ‘n dwars jukskei kan gooi, en die res wat niks beteken nie (volgens weermag standaarde), word voedselhanteerders.  Ek was in laasgenoemde groep. Na die eerste basiese “opleiding”, of te wel die afbrekingsproses, het ons ‘n crash course in voedselhantering gehad. Dit het, onder andere, kook in die kombuis, kook in die veldkombuis, slagters vaardighede en kelner diens behels.  

 

Tot vandag toe kan ek nie ‘n enkele ding onthou wat ek daar geleer het nie, behalwe dat mens spinasie op maniere kan maak wat dit lekker maak deur room en kaas te gebruik en het ek vir die eerste keer in my lewe van spinasie gehou.  

 

Ek het my opleidingstydperk afgesluit as kelner in die offisiers-menasie in die Langebaanweg vliegopleidingskool basis en ek glo dat hierdie heeldag se werk met kos, ‘n saadjie gesaai het wat later ontkiem en gegroei het.

 

‘n Paar jaar later het ek my in Kaapstad gevestig waar ek ‘n woonplek met ‘n vriend gedeel het.   Hy was ‘n Frans sprekend Griek wat in die Kongo gebore is en groot-geword het.   Hier het ek dan kennis gemaak met heelwat, vir my op daardie stadium, vreemde kosse en geregte en het my kos horison geweldig verbreed.   Dit klink vandag snaaks, maar allerdaagse dinge soos soetrissies en sampioene het ek glad nie geken nie, om dan nou nie eers te praat van sulke goed soos seekat nie.   Ek moes selfs leer hoe ‘n mens spaghetti bolognese soos ‘n beskaafde mens eet.  

 

Ek het egter nooit ‘n probleem gehad met eet nie en ek het geen fiemies nie.   Ek het my nog altyd daarop geroem dat ek enige iets sal probeer al is dit hoe vreemd, veral as dit in iemand anders se huis vir my voorgesit word.

 

Aanvanklik het ek dan ook maar net saam ge-eet en was ek skaars in die kombuis toegelaat, maar ek het afgekyk en selfs dinge uit my ma se kombuis begin onthou en dit het nie lank geneem nie, of ek het die kosmakery grootliks begin oorneem.

 

Hierdie blootstelling het my ook geleer om met verskillende speserye en kruie te werk en veral die Griekse kombinasies het groot byval by myself en my proefkonyne gevind.

 

Ek is trots om te sê dat ek nooit skaam was om vir my ma ‘n bord kos voor te sit nie.   Sy was nooit toegelaat om ‘n vinger te lig wanneer sy by my kuier en dit by kosmaak kom nie, en al was my geregte soms bietjie vreemd en met bestanddele waaraan sy ook maar nie gewoond was nie, het sy dit altyd geweldig geniet.  

 

Om te onthaal was ook altyd lekker. ‘n Mens soek mos maar altyd daardie bietjie erkenning en ag, as ek by geleenthede die tafels laat kreun het met al my “spesiale” geregte was die komplimente altyd volop.   Om mense te sien lekker eet en wys hoe hulle dit geniet, was nog altyd vir my een van die bevredigendste dinge in my lewe.

 

Maar die jare het aangestap en vandag kan ek nie meer daardie tempo volhou nie.   Alhoewel ek nog gereeld kook, bak en spesiale geregte uittoets, aanvaar ek enige hulp om dit te kan vermag met ope arms.   Ek doen die breinwerk, solank iemand vir my met die meer fisiese deel van die voorbereidings kan help.

 

Met die dat ek tans administrasie doen vir ‘n groot kosgroep op Facebook en gereeld navorsing doen vir Corne Liebenberg se Vir Spys en Drank program op Rainbow Gospel Radio, is ek egter heeldag en elke dag besig met kosdinge.   Dit het nuwe wêrelde vir my oopgemaak en ek is baie dankbaar vir hierdie geleenthede wat vir my gebied is om my dae so produktief deur te bring en terselfdertyd ook ‘n diens te lewer aan die mensdom.   Al is dit dan nou ook maar net om hulle in kos ervarings reise deur die wêreld te neem, of om my kennis en ervaring te deel en mense te help om ‘n sukses van iets te maak."

 

I'm busy working on my blog posts. Watch this space!

Please reload

Adam se storie....
Adam se resepte
Adam se
Vir Spys & Drank insette

Vis

Griekeland

Nederland

Indie

China

Frankryk

Italie

Aartappels

Marocco

Taiwan

Kersfees

Eet 'n Reenboog

Blikkieskos

Eetbare Blomme

Bybelkos

Bewaring van Voedsel

Kekerertjies

Hamburger

Honger

Ierland

Texas

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

...

Please reload

Op Adam se Etenstafel

Treffers: Kos en Musiek

60 & 61

50's

62

63

64

65 A

65 B

66 A

66 B

67 A

67 B

68 A

68 B

68 C

1950's
1950's
1950's

Herontdek die resepte uit die verlede

1950's

1960
1960
1960